Hierdie artikel is deel van 'n reeks oor |
Alternatiewe medisyne, pseudomedisyne en skynwetenskappe |
---|
Skynmedisyne en skynwetenskap
|
Samesweringsteorieë
|
Tradisionele medisyne
|
Diagnose
|
Pseudowetenskap (of "Skynwetenskap") bestaan uit stellings, oortuigings of praktyke wat beweer dat hulle beide wetenskaplik en feitelik is, maar eintlik nie verenigbaar met die wetenskaplike metode is nie.[1] Pseudowetenskap word dikwels gekenmerk deur:
Die term "Pseudowetenskap" word as neerhalend beskou omdat dit aandui dat iets as onakkuraat of selfs misleidend aangebied word.[2] Diegene wat beskryf word as praktiserende "pseudowetenskaplikes" of pseudowetenskap bevorder, betwis dikwels die karakterisering.[3]
Die afbakening tussen wetenskap en pseudowetenskap het filosofiese, wetenskaplike en praktiese implikasies.[4] Die onderskeiding van wetenskap uit pseudowetenskap het praktiese implikasies in die geval van gesondheid, wetenskaplike getuienis, omgewingsbeleid, en wetenskaplike opvoeding. Die onderskeing van wetenskaplike feite en teorieë uit pseudowetenskaplike oortuigings soos die wat in astrologie, alchemie, sogenaamde alternatiewe medisyne, okkulte oortuigings, godsdienstige oortuigings en skeppingswetenskap gevind word, is deel van wetenskaplike- opvoeding en geletterdheid.[5]
Pseudowetenskap kan op baie maniere skadelik wees. Anti-entstofaktiviste bied as feit pseudowetenskaplike studies wat valslik die veiligheid van entstowwe bevraagteken. Homeopatiese middels met geen aktiewe bestanddele is bevorder as behandeling vir dodelike siektes. Akupunktuurpraktisyns bevorder die idee dat hul behandelings buite die plasebo-effek werk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Pseudoscience. |
<ref>
tag; no text was provided for refs named PhilSci
<ref>
tag; no text was provided for refs named Boundaries
<ref>
tag; no text was provided for refs named SEP
<ref>
tag; no text was provided for refs named Lakatos
<ref>
tag; no text was provided for refs named Hurd