Qinghai 青海省 (Chinees) | |
---|---|
Die Hoh Xil-streek, 'n Unesco-wêrelderfenisgebied, Qinghai | |
Ligging van Qinghai in die Volksrepubliek China | |
Koördinate: 35°0′0″N 96°0′0″O / 35.00000°N 96.00000°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Hoofstad | Xining |
Grootste stad | Xining |
Regering | |
• Tipe | Regering van Qinghai |
• Sekretaris | Wang Jianjun |
• Goewerneur | Xin Changxing |
Oppervlak | |
• Totaal | 720 000 km2 (280 000 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 5 626 722 |
• Digtheid | 7,8/km2 (20/vk. myl) |
• Rang | 30ste |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Etniese groepe | Han (54%), Tibettane (21%), Hui (16%), Tu (4%), Mongole (1,8%), Salare (1,8%) |
Webwerf | www.qh.gov.cn |
Qinghai (Chinees: 青海, [tɕʰíŋxài̯], ) is 'n provinsie van die Volksrepubliek China, geleë in die noordweste van die land. In 2010 het dit 'n bevolking van 5 626 722 gehad.
As een van die grootste provinsie-vlak administratiewe afdelings van China, is die provinsie die vierde grootste in oppervlak, maar het die derde kleinste bevolking. Dit is grotendeels geleë op die Tibettaanse plato, en die provinsie was lank 'n smeltkroes vir 'n aantal etniese groepe soos die Han, Tibettane, Hui, Tu, Mongole en Salare.
Qinghai grens aan Gansu in die noordooste, Xinjiang in die noordweste, Sichuan in die suidooste, en die outonome streek Tibet in die suidweste. Qinghaiprovinsie is in 1928 gestig tydens die tydperk van die Republiek China, toe dit regeer is deur Chinese Moslemkrygshere bekend as die "Ma-kliek".
Die Chinese naam, "Qinghai" is 'n vernoeming van Qinghai-meer, die grootste meer in China. Die provinsie het voorheen bekendgestaan as Kokonor in Engels, afgelei van die Oirat-naam vir die Qinghai-meer.