Streeksroete R404 | |
---|---|
Belangrike aansluitings | |
Noordpunt | R102 |
N2 | |
Ligging | |
Dorpe | George-lughawe Heroldsbaai |
Snelwegstelsel | |
Genommerde roetes in Suid-Afrika |
Die R404 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat George met Heroldsbaai verbind en staan ook bekend as die Skimmelkranspad.
Die roete begin waar dit afdraai van die R102, by George-lughawe. Die roete gaan verby die hoofingang na die lughawe, rondom die aanloopbaan en dan onderdeur die N2-nasionale pad. Daarna vurk die pad as 'n sirkelroete deur Heroldsbaai.
Op 7 Desember 2009 het 'n Embraer ERJ 135-vliegtuig van Airlink, tydens 'n geskeduleerde vlug (SA-8625), in nat weerstoestande gegly en by die einde van die aanloopbaan afgeloop en op die R404 tot stilstand gekom het.[1]
Die uitkykpunt Voëlklip het bekend geword nadat twee motorvoertuie hier in die see beland het in 2019 en in 2021 en van die insittendes gesterf het..