Die Ravi (Oerdoe: راوی) is ’n rivier wat deur Noordwes-Indië en Oos-Pakistan loop. Dit is een van ses riviere van die Indusstelsel in die Pandjab-streek (Pandjab beteken "Vyf Riviere").[1]
Die rivier was in die Vediese tydperk as Parushani[2][3] or Iravati (Sanskrit: इरावती) aan Indiërs bekend en as Hydraotes[4][5] aan die antieke Grieke.
Dit is ’n integrale deel van die Indusriviervallei en vorm die boloop van die Indusbekken. Die oorsprong is in Himachal Pradesh in Indië en daarna loop dit 720 km ver voordat die water deur die Indus in Pakistan in die Arabiese See (Indiese Oseaan) loop. Dit word omsoom deur die Pir Panjal- en die Dhauladhar-bergreekse, wat ’n driehoekige sone vorm.[6]
↑"Ravi River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2015. Besoek op 11 April 2010.