Richard McKay Rorty | |
Gebore | 4 Oktober 1931 New York Stad, New York |
---|---|
Oorlede | 8 Junie 2007 (op 75) Palo Alto, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Epistemologie, Filosofie van taal, Filosofie van die gees, etiek, Meta-filosofie, liberalisme, Meta-epistemologie |
Beïnvloed deur | Dewey, Heidegger, Wittgenstein, Whitman, Sellars, Nietzsche, Plato, Quine, Davidson, Rawls, Proust, Nabokov, Kuhn, Derrida, Strauss, Foucault |
Invloed op | Brandom, Posner, McDowell, Vattimo, BonJour |
Richard McKay Rorty (gebore 4 Oktober 1931 in New York Stad, oorlede 8 Junie 2007) was 'n Amerikaanse filosoof. In die humoristiese Filosofiese Leksikon, word 'rorty' gedefinieer as "onverbeterbaar" (Engels: incorrigible), wat 'n opsomming bied van beide Rorty se loopbaan en die filosofiese gemeenskap se reaksie op sy denke.