Rio Grande – Río Bravo del Norte | |
---|---|
Die Rio Grande in die Big Bend National Park, Texas. | |
Die stroomgebied van die Rio Grande. | |
Oorsprong | Rotsgebergte, Colorado (Verenigde State) |
Monding | Meksiko en Verenigde State Golf van Meksiko |
Stroomgebied | Verenigde State en Meksiko |
Lengte | 3 051 km (1 896 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 3 658 m (12 000 voet)[1] |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 68 m³/s (2 403 vt³/s)[2] |
Stroomgebiedopp. | 471 900 km² (182 200 myl²)[3] |
Kaart van die Rio Grande-bekken in Noord-Amerika.
|
Die Rio Grande (Spaans vir "groot Rivier", soos genoem in die Verenigde State[4]), Río Bravo del Norte [ˈri.o ˈβɾaβo ðel ˈnorte] of net Río Bravo ("Wilde rivier van die Noorde", soos genoem in Meksiko[4]), is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Noord-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 3 051 km, is die derde langste rivier in die Verenigde State na die Missouririvier-Mississippirivier en die Yukonrivier asook Meksiko se langste rivier.
Die Rio Grande ontspring in die Rotsgebergte in die Amerikaanse deelstaat Colorado en vloei vir sowat 300 km deur dié deelstaat. Die rivier vloei in 'n suidelike rigting sowat 750 km deur Nieu-Meksiko, bereik dié deelstaat se hoofstad Albuquerque en later die tweede grootste stad Las Cruces. Aansluitend bereik die rivier tussen El Paso en Ciudad Juárez die Meksikaans-Amerikaanse grens en vorm vanaf hier vir sowat 2 000 km die grens tussen Texas en die noordoostelike Meksikaanse deelstate Chihuahua, Coahuila, Nuevo León en Tamaulipas. In die buitenste noorde van die deelstaat Tamaulipas is die stad Nuevo Laredo aan die rivier en aan die Texaanse kant die susterstad Laredo geleë.
Die Rio Grande mond in die Golf van Meksiko uit en vorm sedert die ondertekening van die Verdrag van Guadalupe Hidalgo op 2 Februarie 1848 as gevolg van die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (1846–1848) die grens tussen Meksiko en die Verenigde State.