Roemeens-Ortodokse Kerk | ||
Die Paleis van die Roemeense Patriargaat (voorheen die Paleis van die Kamer van Afgevaardigdes) in Boekarest, Roemenië. | ||
Moederkerk | Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel | |
Stigtingsjaar | 1864 | |
Status | Outokefaal | |
Kerkleiding | ||
Hoof | Daniël van Roemenië | |
Hoof se titel | Aartsbiskop van Boekarest, Metropoliet van Walachië en Patriarg van die Hele Roemenië | |
Setel | Boekarest, Roemenië | |
Besonderhede | ||
Liturgie | Bisantyns | |
Liturgiese taal | Roemeens | |
Kalender | Hersiene Juliaanse kalender | |
Gelowiges | 18,8 miljoen | |
Bisdomme | 27 | |
Kloosters | 386 | |
Gemeentes | 13 500 | |
Webtuiste | ||
http://www.patriarhia.ro |
Die Roemeens-Ortodokse Kerk (Roemeens: Biserica Ortodoxă Română) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk. Dit is in volle gemeenskap met ander Oosters-Ortodokse kerke. Die primaat van die kerk het die titel Aartsbiskop van Boekarest, Metropoliet van Walachië en Patriarg van die Hele Roemenië. Die kerk se jurisdiksie dek die hele Roemenië, met aartsbisdomme vir Roemene wat in die nabygeleë Moldowa, Serwië en Hongarye woon, asook kerkgemeenskappe in Sentraal- en Wes-Europa, Noord-Amerika en Oseanië.
Dit is die enigste Oosters-Ortodokse kerk wat ’n Romaanse taal gebruik. Die meeste mense in Roemenië (18 817 975, of 86,8% van die bevolking volgens die 2002-sensus[1]) behoort daartoe, sowel as sowat 720 000 Moldowiërs.[2] Die kerk is naas die Russies-Ortodokse Kerk die grootste Ortodokse kerk.