Rohingia

Rohingia

Verplaaste Rohingia-mense in die Rakhine-deelstaat, Mianmar
Totale bevolking: 1 547 778[1]–2 000 000+[2]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Bangladesj Bangladesj 900 000+[3][4] (September 2017)

Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 400 000[5] (2015)
Vlag van Mianmar Mianmar 397 000[6][7] (Oktober 2017)
Vlag van Pakistan Pakistan 200 000[8][9][10]
Vlag van Thailand Thailand 100 000[11]
Vlag van Maleisië Maleisië 40 070[12]
Vlag van Indië Indië 40 000 (September 2017)[13][14]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 12 000+ (September 2017)[15]
Vlag van Indonesië Indonesië 11 941[16]
Vlag van Nepal Nepal 200 (September 2017)[17]
Vlag van Kanada Kanada 200 (September 2017)[18]

Taal: Rohingia (Bengaals)
Geloofsoortuiging: Meerderheid Soennitiese Islam
Minderheid Hindoeïsme
Verwante etniese groepe: Ander Indo-Ariërs soos Bengale, Gujarati's, Marathi's, Punjabi's, Sindhi's en Singalese

Rohingia (Birmaans: ရိုဟင်ဂျာ, rui hang gya, [ɹòhɪ̀ɴd͡ʑà]; Bengaals: রোহিঙ্গা, Rohingga, [ɹohiŋɡa])[19] is 'n naam wat staatlose Bengaalse en merendeels Islamitiese bevolkingsgroepe in Mianmar gekies het om uitdrukking te gee aan hul etniese en godsdienstige identiteit – as minderheid in 'n oorwegend Boeddhistiese land. Die Rohingia is hoofsaaklik aanhangers van Soennitiese Islam, met 'n klein minderheid Hindoes.

Vlag van die Rohingia met die Sjahada op[20][21]
'n Muntstuk van Arakan uit 1554/5, soos gebruik in die Sultanaat Bengaal
'n Uitsig oor Mrauk U in die 17de eeu, tuiste van verskeie godsdienste soos Animisme, Boeddhisme, Christendom, Hindoeïsme en Islam
Verspreiding van Rohingia in die Mianmarese deelstaat Rakhaing
Die vernietiging van Boeddha-standbeelde in die Afghaanse Bamiyan-vallei deur terroristiese Taliban-magte in 2001 het media in Mianmar weke lank oorheers en anti-Islamitiese gevoelens gewek[22]
Protesoptog in Kaapstad, Suid-Afrika, vir die beskerming van Rohingia op 13 September 2017
'n Afgebrande Rohingya-dorpie in die deelstaat Rakhine

Militêre operasies in gebiede, wat deur Islamitiese bevolkings bewoon word, is reeds sedert Birma (die latere Mianmar) se onafhanklikwording gereeld deur die land se strydmagte onderneem. In Augustus 2017 het die situasie geëskaleer nadat die rebellegroep Arakan Rohingya Salvation Army (ARSA) die verantwoordelikheid aanvaar het vir meerdere terreuraanvalle wat gelyktydig gepleeg en waarin sewentig mense dood is – onder wie twaalf lede van Mianmar se strydmag.[23] Mianmar se gewapende magte het daarna 'n grootskaalse teenoffensief begin en Rohingia-gebiede aangeval.[24] Volgens Amnesty International het ARSA-terroriste op 25 en 26 Augustus 2018 ook tientalle Hindoes- mans, vroue en kinders – in aanvalle op die dorpe Ah Nauk Kha Maung, Ye Bauk Kyar en Myo Thu Gyi vermoor.[25]

Die terreuraanvalle word as 'n poging van militante Moslems beskou om 'n vreedsame oplossing van die konflik in die deelstaat Rakhine te dwarsboom. Hulle is gepleeg net een dag nadat die regering van Mianmar voorstelle vir 'n vreedsame oplossing vir die konflik, soos gemaak deur 'n kommissie onder voorsitterskap van die vroeëre sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan, verwelkom en aanvaar het.[26] Die Rohingia-konflik blyk egter nie die enigste binnelandse konflik in Mianmar te wees nie. Die land selfs word sedert sy onafhanklikheid in 1948 deur die wêreld se langsdurende burgeroorlog geteister, wat nie net Moslems raak nie, maar ook Animiste, Boeddhiste, Hindoes en selfs Christelike minderhede. Byvoorbeeld is die Boeddhistiese Karenvolk sedert 1948 in 'n grootskaalse konflik met die sentrale regering betrokke. Van die ander konflikte tussen inheemse bevolkingsgroepe en die sentrale regering sluit in Kachin, Kayah, Kayin en Shan.[27][28][29]

  1. (en) Mahmood; Wroe; Fuller; Leaning (2016). "The Rohingya people of Myanmar: health, human rights, and identity". Lancet: 1–10. doi:10.1016/S0140-6736(16)00646-2. PMID 27916235.
  2. (en) David Mathieson (2009). Perilous Plight: Burma's Rohingya Take to the Seas. Human Rights Watch. p. 3. ISBN 978-1-56432-485-6.
  3. "400,000 Rohingyas enter Bangladesh since Aug 25: Unicef". The daily star (in Engels). 14 September 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  4. "Myanmar violence may have killed more than 1,000: UN rapporteur". The daily star (in Engels). 8 September 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2019.
  5. "Saudi Arabia entry at Ethnologue" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2020. Besoek op 6 Februarie 2015.
  6. Sarah Wildman (29 September 2017). "Half of Myanmar's Rohingya minority has fled the country". Vox (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2019.
  7. (en) http://www.presstv.com/Detail/2017/10/22/539540/Myanmar-Bangladesh-Rohingya-UN Geargiveer 28 November 2017 op Wayback Machine
  8. "Homeless In Karachi | Owais Tohid, Arshad Mahmud" (in Engels). Outlook India. 29 November 1995. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2014. Besoek op 18 Oktober 2013.
  9. "Box 5925 Annapolis, MD 21403 info@srintl" (in Engels). Burmalibrary.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2018. Besoek op 18 Oktober 2013.
  10. (en) Derek Henry Flood (31 Desember 1969). "From South to South: Refugees as Migrants: The Rohingya in Pakistan". The Huffington Post. Besoek op 11 Februarie 2015.
  11. Husain, Irfan (30 Julie 2012). "Karma and killings in Myanmar". Dawn (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2012. Besoek op 10 Augustus 2012.
  12. "Figure At A Glance" (in Engels). UNHCR Malaysia. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2017. Besoek op 30 Desember 2014.
  13. "India in talks with Myanmar, Bangladesh to deport 40,000 Rohingya". Reuters (in Engels). 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 17 Augustus 2017.
  14. "India plans to deport thousands of Rohingya refugees". www.aljazeera.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 17 Augustus 2017.
  15. Timothy Mclaughlin (20 September 2016). "Myanmar refugees, including Muslim Rohingya, outpace Syrian arrivals in U.S." (in Engels). Reuters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2019. Besoek op 3 September 2017.
  16. Jalimin (19 Mei 2015). "Jumlah Pengungsi Rohingya di Indonesia Capai 11.941 Orang" (in Indonesies). Aceh Tribun News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 11 Oktober 2015.
  17. "200 Rohingya Refugees are not being accepted as Refugees and the Nepali Government considers them illegal migrants" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2016. An estimated 36,000 Rohingya Refugess living in India
  18. "200 'We have the right to exist': Rohingya refugees call for intervention in Myanmar" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020.
  19. "Will anyone help the Rohingya people?" (in Engels). BBC. 10 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2020. Besoek op 22 Julie 2019.
  20. "Myanmar – Burmese peoples" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2018. Besoek op 22 Julie 2018.
  21. "Arakanese Rohingya Flag" (in Engels). Medium.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2019. Besoek op 22 Julie 2019.
  22. "Afghan Islamist Party Blames Taliban For Rohingya Suffering" (in Engels). Gandhara. 5 September 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2019. Besoek op 22 Julie 2019.
  23. (en) "Council on Foreign Relations: Rohingy Crisis in Myanmar". 22 Julie 2019. Besoek op 22 Julie 2019.
  24. (de) "Rohingya in Myanmar & Burma". Botschaft-Myanmar.de. Besoek op 22 Julie 2019.[dooie skakel]
  25. Deutsche Welle (dw), 23 Mei 2018: Amnesty: Myanmar Rohingya insurgents massacred Hindus. Besoek op 11 Augustus 2019
  26. "Binnelandse beleid van Mianmar" (in Duits). Duitse Departement van Buitelandse Sake. 28 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2019. Besoek op 22 Julie 2019.
  27. Miliband, David (12 Desember 2016). "How to Bring Peace to the World's Longest Civil War". TIME (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 11 Maart 2019.
  28. Slow, Oliver (26 April 2018). "Fighting in Kachin Highlights Myanmar Civil War Worries". VOA (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2018. Besoek op 11 Maart 2019.
  29. Kaicome, Jittrapon (8 Februarie 2019). "Marking 70 Years of War in Myanmar". The Diplomat (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 11 Maart 2019.

Developed by StudentB