Royal Dutch Shell plc | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1907 |
Hoofkantoor | Den Haag, Nederland |
Sleutelpersone | Ben van Beurden (H.U.B.)[1] [2] |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Energie |
Produkte | ru-olie, aardgas, chemie, volhoubare energie |
Inkomste | $421 miljard (2014)[3] |
Netto inkomste | $14,9 miljard (2014) |
Werknemers | 94 000 (2014) |
Webwerf | www.shell.com |
Royal Dutch Shell (algemeen bekend as Shell) is 'n Nederlands-Britse multinasionale maatskappy, behorende tot die "supergrotes", die ses grootste staatsonafhanklike oliemaatskappye ter wêreld. Shell is tewens die winsgewendste onderneming van Nederland.
Met 'n omset van ruim VS$421 miljard (2014) in meer as 140 lande, is Royal Dutch Shell een van die grootste privaatondernemings ter wêreld.[4] Sedert 2012 produseer die maatskappy meer gas as olie. [5]