Russies-Ortodokse Kerk | ||
Die Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei in Sergejef Posad naby Moskou. | ||
Moederkerk | Ekumeniese patriargaat | |
Stigtingsjaar | 988 | |
Stigter | Wladimir die Grote | |
Status | Outokefaal | |
Kerkleiding | ||
Hoof | Kirill | |
Hoof se titel | Patriarg van Moskou en die Hele Rusland | |
Setel | Moskou, Rusland | |
Besonderhede | ||
Liturgie | Bisantyns | |
Liturgiese taal | Kerkslawies | |
Kalender | Juliaans | |
Gelowiges | 100 000 000+ | |
Bisdomme | 160 | |
Kloosters | 788 | |
Gemeentes | 30 142 | |
Priesters | 28 434 | |
Webtuiste | ||
http://www.patriarchia.ru |
Die Russies-Ortodokse Kerk (Russies: Ру́сская правосла́вная це́рковь, Roesskaja prawoslawnaja tserkof) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk wat sedert 15 Oktober 2018 nie meer in volle gemeenskap met die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel is nie. Die primaat van die kerk het die titel Patriarg van Moskou en die Hele Rusland.
Die Kerk het kerklike jurisdiksie oor verskeie Ortodokse kerke buite Rusland, soos die Outonome Oekraïens-Ortodokse Kerk, maar ondervind spanning met dié kerk weens skismatiese groepe wat deur die huidige regering gesteun word.[1] Die debat oor die erkenning van ander Ortodokse kerke as outokefaal het ook spanning tussen die Russies-Ortodokse Kerk en die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel veroorsaak.[2]