Rutherfordium

104 lawrensiumrutherfordiumdubnium
Hf

Rf

(Upo)
Algemeen
Naam, simbool, getal rutherfordium, Rf, 104
Chemiese reeks oorgangsmetaal
Groep, periode, blok 4, 7, d
Atoommassa (267) g/mol
Elektronkonfigurasie [Rn] 5f14 6d2 7s2[1][2]
Elektrone per skil 2, 8, 18, 32, 32, 10, 2
Kristalstruktuur heksagonaal, dig gepak; voorspel[3]
CAS-registernommer 53850-36-5
Fisiese eienskappe
Toestand voorspel;[1][2] vastestof
Smeltpunt 2 400 K
(2 100 °C)
Kookpunt 5 800 K
(5 500 °C)
Digtheid (naby k.t.) voorspel; 23,2 g/cm³
Atoomeienskappe
Oksidasietoestande 4,[1] (3), (2)[2][4]
Ionisasie-energieë 1ste: 579,9 kJ/mol
2de: 1 389,4 kJ/mol
3de: 2 296,4 kJ/mol
Geskiedenis
Ontdek 1964, 1969
Ontdek deur Gesamentlike Instituut vir
Kernnavorsing; Lawrence Berkeley
Nasionale Laboratorium
Genoem na Ernest Rutherford
Datum van naam 1997
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van rutherfordium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
261Rf sin 70 s[5] >80% α 8,28 257No
<15% EV - 261Lr
<10% SS - --
263Rf sin 15 min.[5] <100% SS - --
~30% α 7,90 ? 259No
265Rf sin 1 min. SS - --
266Rf sin 23 s? SS - --
267Rf sin 1,3 h[5] SF - --
Portaal Chemie
Ernest Rutherford.

Rutherfordium is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 104 en simbool Rf. Dit kom nie in die natuur voor nie, kan net in ’n laboratorium vervaardig word en is radioaktief. Die stabielste bekende isotoop, rutherfordium-267, het ’n halfleeftyd van ongeveer 1,3 uur.

Op die periodieke tabel lê dit in die d-blok, in groep 4 en periode 7. Dit is dus die tweede lid van die 6d-reeks oorgangsmetale. Chemiese eksperimente het bevestig dit tree op soos die swaarder homoloog van hafnium net bo dit. Sy eienskappe stem baie ooreen met dié van ander elemente in groep 7, titaan, sirkonium en hafnium. Daar kan egter ook groot verskille wees vanweë relavistiese effekte.

In die 1960's is klein hoeveelhede rutherfordium vervaardig deur beide die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in die Sowjetunie en die Lawrence Berkeley Nasionale Laboratorium in Kalifornië.[6] Albei spanne het ’n naam voorgestel en ’n lang dispuut het gevolg. In 1997 het die IUPAC eindelik aangekondig die amptelike naam is "rutherfordium", genoem na die Nieu-Seelandse kernfisikus Ernest Rutherford.

  1. 1,0 1,1 1,2 Chemiese data, rutherfordium, Royal Chemical Society
  2. 2,0 2,1 2,2 Hoffman, Darleane C.; Lee, Diana M.; Pershina, Valeria (2006). "Transactinides and the future elements". In Morss; Edelstein, Norman M.; Fuger, Jean (reds.). The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements (3de uitg.). Dordrecht, Nederland: Springer Science+Business Media. ISBN 1-4020-3555-1.
  3. Östlin, A.; Vitos, L. (2011). "First-principles calculation of the structural stability of 6d transition metals". Physical Review B. 84 (11). Bibcode:2011PhRvB..84k3104O. doi:10.1103/PhysRevB.84.113104.
  4. Fricke, Burkhard (1975). "Superheavy elements: a prediction of their chemical and physical properties". Recent Impact of Physics on Inorganic Chemistry. 21: 89–144. doi:10.1007/BFb0116498. Besoek op 4 Oktober 2013.
  5. 5,0 5,1 5,2 Sonzogni, Alejandro. "Interactive Chart of Nuclides". written at National Nuclear Data Center. Brookhaven National Laboratory. http://www.nndc.bnl.gov/chart/reCenter.jsp?z=104&n=158. Besoek op 2008-06-06. 
  6. "Rutherfordium – Elementinligting, Periodic Table". www.rsc.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 9 Desember 2016.

Developed by StudentB