| |||||
Nasionale leuse: Ubumwe, Umurimo, Gukunda Igihugu (Kinyarwanda vir: "Eenheid, Arbeid, Patriotisme") | |||||
Volkslied: Rwanda Nziza (Kinyarwanda vir: "Pragtige Rwanda") | |||||
Hoofstad | Kigali | ||||
Grootste stad | Kigali | ||||
Amptelike tale | Engels, Frans, Kinyarwanda en Swahili | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Paul Kagame Édouard Ngirente | ||||
Onafhanklikheid | 11de eeu 1945–1962 1 Julie 1962 1 Julie 1966 26 Mei 2003 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
26 338 km2 (144ste) 10 169 myl2 5,3 | ||||
Bevolking - 2019-skatting - 2012-sensus - Digtheid |
12 374 397[1] (76ste) 10 515 973[2] 470 / km2 (22ste) 1 217,3 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,543[4] (160ste) – laag | ||||
Gini (2016) | 43,7[5] – laag | ||||
Geldeenheid | Frank (RWF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
SAT (UTC+2) nie toegepas nie (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .rw | ||||
Skakelkode | +250 |
Rwanda (Engels: [ruːˈɑːndə] of [ruːˈændə], ; Kinyarwanda: U Rwanda, [u.ɾɡwa:.nda], ), amptelik die Republiek Rwanda (Engels: Republic of Rwanda, Frans: République du Rwanda, Kinyarwanda: Repubulika y'u Rwanda, Swahili: Jamhuri ya Rwanda), is 'n landingeslote land in Sentraal- en Oos-Afrika net suid van die ewenaar. Dit is die digs bevolkte land in Afrika. Nes sy buurstaat Burundi is dit 'n voormalige deelgebied van Duits-Oos-Afrika, wat later as mandaatgebied van die Verenigde Nasies 'n Belgiese administrasie gekry het. Albei lande word deur etniese konflikte tussen die Tutsi-minderheid en die meerderheid van die Hutu geteister. Die Twa vorm die derde etniese groep in daardie lande. Rwanda het in 1962 onafhanklik van België geword. Tussen 500 000 en ’n miljoen mense het in etniese slagtings omgekom, veral gedurende die Rwandese volksmoord van 5 April 1994. Dit is ’n lidland van die Afrika-unie en die Statebond.[6]
Rwanda grens aan Uganda, Tanzanië, Burundi en die Demokratiese Republiek die Kongo. Rwanda is in die Groot Mere van Afrika-streek en lê baie hoog; sy geografie word oorheers deur berge in die weste en savanne aan die oostekant, met talle mere regdeur die land. Die klimaat is matig tot subtropies, met twee reënseisoene en twee droë seisoene per jaar. Rwanda beslaan 'n oppervlakte van 26 338 km² en het 'n bevolking van 12 374 397 in 2019 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Kigali.