SRGAP2 is 'n geen wat 'n belangrike rol in die sinaptiese ontwikkeling van soogdiere, en gevolglik ook van die mens speel. Hierdie geen is by neuronale migrasie en neuronale differensiasie betrokke, wat die brein se vermoeë bepaal.[1]
Die voorvaderlike SRGAP2-geen word in alle soogdiere gevind. Die mens se kopie word SRGAP2A genoem. Dit is een van 23 gene wat by die mens, maar nie in ander primate gedupliseer is nie.[2] Hierdie duplisering is waarskynlik vir die mens se verhoogde breinkapasiteit in vergelyking met die van ander diere verantwoordelik.[3]
SRGAP2 is in die afgelope 3,4 miljoen jaar al drie keer in die menslike genoom gedupliseer. Die eerste duplisering van 3,4 miljoen jaar gelede (mjg) word SRGAP2B genoem. 'n Tweede duplisering het 2,4 mjg voorgekom en word SRGAP2C genoem. 'n Finale duplisering van ongeveer 1 miljoen jaar gelede staan as SRGAP2D bekend.
Die 2,4 miljoen jaar oue duplisering (SRGAP2C) verteenwoordig 'n verkorte weergawe waaroor 100% van alle mense beskik.[4] Hierdie verkorte weergawe inhibeer die funksie van die voorvaderlike SRGAP2A-kopie, wat lei tot vinniger migrasie van neurone, die vertraging van sinaptiese veroudering en 'n verhoging in die digtheid van sinapse in die serebrale korteks.[1]
Eksperimente op muise wat met SRGAP2 ingespuit is het 'n dramatiese verandering in hulle breine teweeg gebring. Dit het die snelheid en die werking van hulle breine beduidend verhoog.[3]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |laysource=
geïgnoreer (hulp); Onbekende parameter |laysummary=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)