| |||||
| |||||
Die Safawidiese Ryk op sy grootste onder Abbas I van Persië | |||||
Hoofstad | Tabris (1501–1555) Qazvin (1555–1598) Isfahan (1598–1736) | ||||
Taal/Tale | Persies (ampstaal),[1] Azerbeidjans, Georgies, Sirkassies, Armeens | ||||
Godsdiens | Twaalfer-Sjiisme (Staatsgodsdiens)[2] | ||||
Regering | Monargie | ||||
Koning van konings (Sjahansja) | |||||
- 1501–1524 | Ismail I (eerste) | ||||
- 1732–1736 | Abbas III (laaste) | ||||
Grootvisier | |||||
- 1501–? | Mohammad Zakariya Kujuji (eerste) | ||||
- 1729–1736 | Nader Qoli Beg (laaste) | ||||
Wetgewer | Staatsraad | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Stigting van die Safawidiese orde deur Safi-ad-din Ardabili | 1301 | ||||
- Stigting | 1501 | ||||
- Hotaki-inval | 1722 | ||||
- Herowering onder Nadir Sjah | 1726–1729 | ||||
- Ontbinding | 8 Maart 1736 | ||||
- Kroning van Nadir Sjah | 1 Oktober 1736 | ||||
Geldeenheid | Tuman, Abbasi (insluitende Abazi), Sjahi.[3]
|
Die Safawidiese Ryk (Persies: دودمان صفوی, Dudmān e Safavi[4]) was een van die mees kenmerkende heersende dinasties van Iran, en word dikwels beskou as die aanvang van die moderne Iranse geskiedenis.[5] Die Safawidiese sjahs het een van die drie Buskruitryke regeer; die ander twee was die Mogolryk en die Ottomaanse Ryk.[6] Hulle het een van die grootste Iranse ryke na die 7de-eeuse Islamitiese verowering van Persië bestuur,[7][8][9][10] en het die Twaalfer-Sjiisme as die amptelike godsdiens van die ryk gevestig,[11] een van die belangrikste keerpunte in die geskiedenis van Islam.
Die Safawidiese dinastie het sy oorsprong in die Safawidiese orde van Soefisme, wat in die stad Ardabil van die Azerbeidjan-streek-streek gestig is. Dit was van gemengde herkoms (Koerdies[12] en Azerbeidjans,[13] insluitende ondertrouery met Georgiese,[14] Sirkassiese,[15][16] en Ponties-Griekse[17] hoogwaardigheidsbekleërs). Vanaf hul basis in Ardabil het die Safawiede hul beheer oor dele van Groter-Iran gevestig en die Iranse identiteit in die streek hervestig,[18] en het sodoende die eerste inheemse dinastie sedert die Sassanidiese Ryk geword wat 'n nasie onder die amptelike naam Iran kon vestig.[19]
Die Safawiede was vanaf 1501 tot 1722 aan bewind (benewens 'n kort restaurasietydperk tussen 1729 en 1736) en, op hul hoogtepunt, het hulle die hele Iran, Azerbeidjan, Bahrein, Armenië, oostelike Georgië, dele van die noordelike Kaukasus, Irak, Koeweit en Afghanistan, asook dele van Turkye, Sirië, Pakistan, Turkmenistan en Oesbekistan oorheers.
Ten spyte van hul ondergang in 1736 het hulle 'n groot nalatenskap met die herlewing van Iran as 'n ekonomiese vesting tussen oos en wes, die oprigting van 'n effisiënte staat burokrasie gebaseer op die skeiding van magte, hul argitektoniese innovasies en begunstiging van beeldende kunste. Die Safawiede kenmerk die streek tot vandag toe deur die verspreiding van Twaalfer-Sjiisme in Iran, asook groot dele van die Kaukasus, Anatolië en Mesopotamië.
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)