Saimaameer | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Saimaameer | |
Kaart van die Saimaameer | |
Koördinate: | 61°15′N 28°15′O / 61.250°N 28.250°O |
Ligging: | Finland |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 4 279 km² (1 652 myl²)[1] |
Gemiddelde diepte: | 17 m (56 vt) |
Maksimum diepte: | 85,81 m (281,5 vt)[1] |
Volume: | 36 km³ (8,6 myl³) |
Omtrek: | 14 850 km (9 227 myl)[1] |
Invloei: | Pielisjoki, Höytiäisen-kanaal, Joutenvesi, Unnukka |
Uitvloei: | Wuoksi (Imatrafall) |
Eiland/e: | 3 507 |
Nedersettings: | Lappeenranta, Imatra, Savonlinna, Mikkeli, Joensuu |
Die Saimaameer (Fins: Saimaa, [ˈsɑi̯mɑː]; Sweeds: Saimen) is die vierde grootste meer in Europa ná die Ladogameer en die Onegameer (albei in Rusland) en die Vänernmeer in Swede met 'n oppervlakte van 4 279 km². Daarbenewens is dit die grootste meer van Finland, asook die naasgrootste meer van Skandinawië en die Europese Unie. Dit is in die suidooste van Finland, naby die grens met Rusland, geleë en behoort tot die uitgestrekte Finse meergebied, die grootste van sy soort in Europa.
Die Saimaameer vorm deel van 'n wyer waternetwerk, aangesien dit deur die Wuoksirivier met die Ladogameer verbind word, wat op sy beurt deur die Swirrivier met die Onegameer verbind is, wat weereens deur die Newarivier met die Oossee verbind word. Deur die Witsee-Oossee-kanaal word hierdie waterweg met die Witsee in die noorde verbind. Die Wolga verbind die waterweg oor 'n kanaal met die Kaspiese See en deur die Wolga-Don-kanaal is ook die Swartsee en die Middellandse See toeganklik.