| |||||
Nasionale leuse: To Lead is to Serve (Engels vir: "Om te lei is om te dien") | |||||
Volkslied: God Save Our Solomon Islands[1][2] (Engels vir: "God beskerm ons Salomonseilande") Koninklike volkslied: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") | |||||
Hoofstad | Honiara | ||||
Grootste stad | Honiara | ||||
Amptelike tale | Engels en Pijin | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie Charles III David Tiva Kapu Jeremiah Manele | ||||
Onafhanklikheid • van die Verenigde Koninkryk
|
7 Julie 1978 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
28 896[3] km2 (143ste) 11 157 myl2 3,2 | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2019-sensus - Digtheid |
726 799[3] (167ste) 720 956 24,2 / km2 (200ste) 62,7 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,562[5] (156ste) – medium | ||||
Gini (2012) | 37,1[6] – medium | ||||
Geldeenheid | Dollar (SBD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+11) nie toegepas nie (UTC+11) | ||||
Internet-TLD | .sb | ||||
Skakelkode | +677 |
Die Salomonseilande (Engels: Solomon Islands; Pijin: Solomon Aelan) is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië suid van die ewenaar met 'n oppervlakte van 28 896 km² en 'n bevolking van 726 799 in 2024. Die Salomonseilande is oos van Papoea-Nieu-Guinee, suid van Nauru, wes van Tuvalu, noord van Vanuatu en noordoos van Australië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Honiara, geleë op die eiland Guadalcanal.
Die Salomonseilande bestaan uit ses hoofeilande en meer as 900 kleiner eilande. Dié land se naam is afgelei van die gelyknamige argipel, wat tot Melanesië behoort en nog die Noordelike Salomonseilande rondom Bougainville insluit, wat tot Papoea-Nieu-Guinee behoort. Die Salomonseilande word deur die Koraalsee in die weste en die Salomonssee in die suide begrens. In die noorde is die oop Suidelike Stille Oseaan geleë.
In 1568 het die Spaanse ontdekkingsreisiger Álvaro de Mendaña de Neira die eilande vir Europa ontdek en na die Bybelse koning Salomo Islas Salomón genoem.[7] In Junie 1893 het die Salomonseilande onder Britse invloed gekom, nadat die Suidelike Salomonseilande deur kaptein Gibson R.N. van die HMS Curacoa tot Britse protektoraat verklaar is.[8] Tydens die Tweede Wêreldoorlog het gedurende die Salomonseilande-veldtog (1942–1945) tussen die Verenigde State en die Japannese Keiserryk hewige gevegte plaasgevind, soos die Slag van Guadalcanal. Op 7 Julie 1978 het die Salomonseilande van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Die Salomonseilande is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met Charles III van die Verenigde Koninkryk as staatshoof.