Samies | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Noorweë Swede Finland Rusland | |
Gebied: | Lapland of Sápmi | |
Totale sprekers: | c. 20 000 – 30 000 | |
Taalfamilie: | Oeraals Fins-Oegries Fins-Permies Fins-Wolgaïes Fins-Samies Samies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Finse variant) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Noorweë[1][2] Erkende minderheidstaal in sommige munisipaliteite van: Swede en Finland | |
Gereguleer deur: | – | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | se | |
ISO 639-2: | sma, sme, smi, smj, smn, sms | |
ISO 639-3: | onderskeidelik:sia – Akkalasjd – Kildinsjk – Kemisjt – Tersmn – Inarisms – Skoltsju – Umesje – Pitesme – Noordsmj – Lulesma – Suid
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Samies (soms ook Sami of Saami) is die naam wat algemeen gebruik word vir 'n groep Oeraalse tale wat deur die Sami in Lapland in die noordelike dele van Finland, Noorweë, Swede en Noordwes-Rusland gepraat word. Die Samiese tale vorm 'n tak binne die Finse groep van die Fins-Oegriese tale in die Oeraalse taalfamilie. Tradisioneel word Samies as verwant aan die Oosseefinse tale gesien met 'n gemene Proto-Fins-Samiese taal as oorsprong. Daar is egter ook vakkundiges wat meen dat getuienis vir 'n Fins-Samiese prototaal nie sterk genoeg is nie en dat die ooreenkomste tussen die tale deur latere kontak veroorsaak is.[3]
Die Samiese tale word in twee hoofgroepe verdeel: die westelike en oostelike groepe. Die groepe kan verder onderverdeel words in verskeie subgroepe. Die Samiese tale vorm gedeeltelik 'n dialekkontinuum waarvolgens aangrensende tale tot 'n groot mate onderling verstaanbaar is. Tale wat verder van mekaar geleë is, is egter oor die algemeen nie onderling verstaanbaar nie. Skerp taalgrense word egter aangetref tussen byvoorbeeld Noord-Samies, Inari-Samies en Skolt-Samies.
In Noorweë word drie variante van Samies amptelik erken (Lule-Samies, Noord-Samies en Suid-Samies) en geniet saam met Noors (Bokmål en Nynorsk) amptelike status.[4]