Saturnus, soos op 4 Augustus 1981 deur die Voyager 2-wenteltuig waargeneem. | ||||||||||
Wentelbaaneienskappe[1] | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Epog J2000 | ||||||||||
Afelium | 1 513 325 783 km 10,115 958 04 AE | |||||||||
Perihelium | 1 353 572 956 km 9,048 076 35 AE | |||||||||
Halwe lengteas | 1 433 449 370 km 9,582 017 20 AE | |||||||||
Wentelperiode | 10 759,22 dae 29,4571 jare 24 491,07 Saturnus solar dae[2] | |||||||||
Sinodiese periode | 378,09 dae[3] | |||||||||
Gem. omwentelingspoed | 9,69 km/s[3] | |||||||||
Gem. anomalie | 320,346 750° | |||||||||
Baanhelling | 2,485 240° (tot Ekliptika) 5,51° (tot die son se ewenaar) 0,93° (tot onveranderbare vlakte)[4] | |||||||||
Lengteligging van stygende nodus | 113,642 811° | |||||||||
Periheliumhoek | 336,013 862° | |||||||||
Natuurlike satelliete | 82 | |||||||||
Fisiese eienskappe |
||||||||||
Radius by ewenaar | 60 268 ± 4 km (9,4492 Aardes) | |||||||||
Radius na pole | 54 364 ± 10 km (8,5521 Aardes) | |||||||||
Oppervlakte | 4,27×1010 km²[5] (83,703 Aardes) | |||||||||
Volume | 8,2713×1014 km3[3] (763,59 Aardes) | |||||||||
Massa | 5,6846×1026 kg[3] (95,152 Aardes) | |||||||||
Gem. digtheid | 0,687 g/cm3[3] (minder as water) | |||||||||
Oppervlak- aantrekkingskrag | 10,44 m/s²[3] 1,065 g | |||||||||
Ontsnapping- snelheid | 35,5 km/s[3] | |||||||||
Sideriese rotasieperiode | 10,57 ure[6] (10 hr 34 min) | |||||||||
Rotasiespoed by ewenaar | 9,87 km/s 35 500 km/h | |||||||||
Ashelling | 26,73°[3] | |||||||||
Regte styging van noordpool | 2h 42 m 21s 40,589° | |||||||||
Deklinasie | 83,537° | |||||||||
0,342 (Bond) 0,47 (geometries)[3] | ||||||||||
Oppervlak-temp. 1 bar vlak 0,1 bar |
| |||||||||
Skynmagnitude | +1,47 tot −0,24[7] | |||||||||
Hoekgrootte | 14,5"–20,1"[3] (sonder ringe) | |||||||||
Atmosfeer | ||||||||||
Skaalhoogte | 59,5 km | |||||||||
Samestelling | ~96% Waterstof ~3% Helium |
Saturnus is die sesde planeet van die Son af. Dit is 'n gasreus en die tweede grootste planeet in die sonnestelsel ná Jupiter. Die planeet is vernoem na die Romeinse god Saturnus en sy simbool is 'n ligatuur van die Griekse letters kappa-rho, vir Saturnus se Griekse naam Cronus.
Die planeet het 'n helder en uitgebreide ringstelsel wat hoofsaaklik uit ysdeeltjies bestaan, met 'n kleiner hoeveelheid rotspuin en stof. Minstens 146 mane[8] wentel sover bekend om die planeet, waarvan 63 amptelike name het. Dit sluit nie die honderde maantjies in sy ringe in nie. Titaan, Saturnus se grootste maan en die tweede grootste in die Sonnestelsel, is groter as die planeet Mercurius, hoewel dit 'n kleiner massa het. Dit is die enigste maan in die Sonnestelsel wat 'n aansienlike atmosfeer het.[9]
Die samestelling van Saturnus bestaan hoofsaaklik uit waterstof, met klein proporsies helium en spore van ander elemente. Inwendig bestaan die planeet uit 'n klein kern van rots en ys wat deur 'n dik laag waterstof en 'n gasagtige buitelaag omhul word.
Wind op Saturnus kan 'n snelheid van tot 1 800 km/h bereik, wat heelwat vinniger is as die snelheid van wind op Jupiter. Saturnus het ook 'n planetêre magneetveld; die sterkte daarvan lê tussen die sterkte van die Aarde se magneetveld en die kragtiger veld om Jupiter.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)