Sebastian Vettel | |
---|---|
Sebastian Vettel in 2019
| |
Geboortedatum | 3 Julie 1987 |
Geboorteplek | Heppenheim, Hesse, Wes-Duitsland |
Nasionaliteit | Duitser |
Aktiewe jare | 2007-2022 |
Ou span(ne) | Red Bull, Ferrari,[1][2] Aston Martin-Mercedes |
Motornommer | 5 |
Inskrywings | ( begin) |
Kampioenskappe | 4 (2010, 2011, 2012 en 2013) |
Eerste F1-wedren | 2007 VSA Grand Prix |
Eerste wen | 2008 Italiaanse Grand Prix |
Laaste wen | 2019 Singapoerse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2022 Aboe Dhabi Grand Prix |
Laaste seisoen | 2022 |
Verlede jaar plek | 11de (37 punte) |
Sebastian Vettel (gebore 3 Julie 1987 in Heppenheim) is 'n Duitse voormalige Formule Eenrenjaer. Hy was vier keer die wêreldbestuurderskampioen, in 2010, 2011, 2012 en 2013. Tot einde 2020 was hy 'n lid van die Scuderia Ferrari-span saam met spanmaat Charles Leclerc. Vettel het op 12 Mei 2020 aangekondig dat sy en Ferrari se paaie aan die einde van die 2020 Formule Een-seisoen gaan skei.[3] Hy was in 2021 en 2022 opgeneem in die Aston Martin-Mercedesspan.
Vettel het in 2007 op die ouderdom van 19 jaar en 53 dae die jongste Formule Eenbestuurder geword wat (op daadie tydstip) nog aan 'n Grand Prixwedren deelgeneem het. Tydens die wedren by die 2007 Verenigde State Grand Prix het hy ook die jongste bestuurder geword wat kampioenskapspunte kon verdien. Terwyl hy vir die Toro Rossospan by die 2007 Japannese Grand Prix gejaag het, het hy ook die jongste bestuurder geword wat in die eerste posisie kon wegspring tydens 'n wedren.
Vettel se bynaam is Baby Schumi, te danke aan sy bestuurstyl wat soortgelyk is aan die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Michael Schumacher.