Seeluiperd[1] | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | Hydrurga Gistel, 1848
|
Spesie: | H. leptonyx
|
Binomiale naam | |
Hydrurga leptonyx (Blainville, 1820)
| |
Verspreiding van die seeluiperd (blou) | |
Sinonieme | |
|
’n Seeluiperd of luiperdrob (Hydrurga leptonyx) is 'n seesoogdier wat aan die familie van robbe behoort en in die Antarktiese see leef. Naas die noordelike olifantrobbe, is die seeluiperd die grootste robspesie.
Hierdie diere kom algemeen in die Suidelike Halfrond langs die kus van Antarktika en op die meeste sub-Antarktiese eilande voor. In Suider-Afrika word hulle gereeld by die Dyer- en Malgas-eiland naby Kaapstad gesien, waar hulle onder seevoëls jag. Hulle word egter soms so ver noord as Walvisbaai opgemerk.
Die seeluiperd se rug is donkergrys en die buik is 'n ligte grys. Die nek is witterig met swart kolle, wat baie soos 'n luiperd se kolle lyk (vandaar die naam).
Seeluiperde leef ongeveer ses-en-twintig jaar (dalk langer). Hulle enigste natuurlike vyande is moordvisse en groot haaie. Hulle vreet ander robbe, pikkewyne, vis, inkvis en verskeie ander seediere.