'n Selfie is 'n foto wat iemand van hom- of haarself neem. Die persoon wat die foto neem is dus self op die foto (in 'n spieël of met een of beide arms) sigbaar. So 'n selfie word gewoonlik met 'n selfoon of digitale kamera geneem. Die gebruik is veral gewild by jongmense.
'n Selfie kan gebruik word as avatar op webtuistes of ander sosiale media. Dit kan ook geneem word as bewys dat 'n persoon iets gedoen het, iets aangehad het of by 'n bepaalde plek was. Andersyds kan dit ook die resultaat van 'n ledige spelery wees.
Spesiale selfiestokke is beskikbaar om mense te help om beter selfies te neem. Die kamera word aan die stok gemonteer, wat dan gebruik word om foto's van verder, of vanuit 'n ander hoek te neem.
In 2013 is die woord "selfie" in verskeie woordeboeke opgeneem, onder andere:
Dié woord is in 2015 in die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal opgeneem.