Sharjah ٱلشَّارقَة | |
---|---|
Stad | |
'n Uitsig oor Sharjah | |
Koördinate: 25°21′27″N 55°23′27″O / 25.35750°N 55.39083°O | |
Land | Verenigde Arabiese Emirate |
Emiraat | Sharjah |
Oppervlak | |
• Totaal | 235,5 km2 (90,9 vk. myl) |
Hoogte | 3 m (10 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 400 000 |
Tydsone | UTC+04:00 (GST) |
Lughawe | Sharjah Internasionale Lughawe |
Webwerf | sharjah.ae |
Sharjah (Arabies: ٱلشَّارقَة, aš-Šāriqah) is die hoofstad en grootste stad van die emiraat Sharjah van die Verenigde Arabiese Emirate aan die Persiese Golf. Met 'n bevolking van sowat 1 400 000 in 2015 is dit ook die derde grootste en derde mees bevolkte stad van dié land ná Doebai en Aboe Dhabi.
Die emiraat deel wetlike, politieke, militêre en ekonomiese funksies met die ander emirate van die VAE binne 'n federale raamwerk, hoewel elke emiraat jurisdiksie het oor sommige funksies soos siviele wetstoepassing en voorsiening en instandhouding van plaaslike fasiliteite. Sharjah word sedert die 18de eeu deur die Al Qasimi-dinastie regeer.
Die stad is 'n sentrum vir kultuur en nywerheid, en dra op sy eie 7,4% van die BBP van die Verenigde Arabiese Emirate by.[1] Die stad beslaan 'n benaderde oppervlakte van 235 km² en het 'n bevolking van meer as 800 000 (2008).
Die verkoop of verbruik van alkoholiese drank is verbode in die emiraat Sharjah sonder die besit van 'n alkohollisensie en alkohol word nie in Sharjah-hotelle, restaurante of ander afsetpunte bedien nie weens die Moslem-meerderheid in die area. Dit het Sharjah gehelp om die aantal Islamitiese toeriste wat die land besoek, te verhoog.[2] Sharjah is amptelik aangewys as 'n WGO gesonde stad.[3] Die 2016-uitgawe van QS Best Student Cities het Sharjah as die 68ste beste stad ter wêreld gelys om 'n universiteitstudent in te wees.[4] Sharjah word beskou as die kulturele hoofstad van die VAE,[5] en was die Islamitiese kultuurhoofstad in 2014.[6] Sharjah is deur UNESCO as Wêreldboekhoofstad vir 2019 aangewys.[7]
Sharjah is per lug verbind aan die buiteland met die Sharjah Internasionale Lughawe. Sharjah was een van die gasheerstede tydens die T20I-wêreldbeker 2021.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)