Shiva

Shiva (Śiva)
Standbeeld van Shiva in Bangalore wat hom uitbeeld tydens meditasie.
Standbeeld van Shiva in Bangalore wat hom uitbeeld tydens meditasie.
God van skepping, vernietiging
Devanagari शिव
Affiliasie Trimurti
Woonplek Berg Kailash, Kailāsa[1]
Mantra Aum Namah Sivaya
Wapen Drietandvurk (Sanskrit: त्रिशूल trishula)
Metgesel Parvati, Shakti
Rydier Nandi (bul)

Shiva (uitspraak: /ˈʃivə/; Sanskrit: शिव Śiva, letterlik "Die Gunstige") of Sjiwa is een van die belangrikste Hindoegode en ’n aspek van die Trimurti (Hindoe-drie-eenheid). Hy is die oppergod in Shaivisme, een van die groot Hindoetradisies.[2][3]

Shiva is die "vernietiger en vervormer" in die Trimurti, wat ook Brahma en Vishnu insluit.[4][5] In Shaivisme skep, bewaar en vervorm hy die heelal.[6][7][8] In die Shaktisme-tradisie is die godin Devi die opperheerseres, maar Shiva word ook saam met Vishnu en Brahma aanbid. ’n Godin is die energie en skeppingskrag (Shakti) van elk, terwyl Parvati die gelykwaardige metgesel van Shiva is.[9][10] In die Smartisme-tradisie is hy een van vyf primêre gode.[2]

Op die hoogste vlak word Shiva beskou as vormloos, onbeperk, voortreflik en onveranderend,[11] en die oorspronklike atman (siel, self) van die heelal.[12][13][6] Hy kan as goedaardig of vreesaanjaend uitgebeeld word. Hy kan ’n alwetende yogi wees wat ’n asketiese lewe op die berg Kailash lei[4] of ’n huislike god saam met sy vrou, Parvati, en twee kinders , Ganesha en Kartikeya. Of hy kan uitgebeeld word as die verslaner van drake. Shiva is ook bekend as Adiyogi Shiva en is die beskermgod van joga, meditasie en die kunste.[14][15]

Die gewildste ikonografiese eienskappe van die god is ’n derde oog aan sy voorkop, ’n slang om sy nek, die sekelmaan, die heilige rivier Ganga wat uit sy hare vloei, die drietandvurk (trishula) as sy wapen en ’n klein trom (damaru). Hy word gewoonlik aanbid in die vorm van die linga.[16]

  1. Vir die naam Kailāsagirivāsī (Sanskrit कैलासिगिरवासी), "Met sy verblyf op Kailāsa-berg", as 'n naam wat in die Sjiwa Sahasranama verskyn kyk: Sharma 1996, p. 281.
  2. 2,0 2,1 Flood 1996, pp. 17, 153
  3. K. Sivaraman (1973). Śaivism in Philosophical Perspective: A Study of the Formative Concepts, Problems, and Methods of Śaiva Siddhānta. Motilal Banarsidass. p. 131. ISBN 978-81-208-1771-5.
  4. 4,0 4,1 Zimmer (1972) pp. 124-126
  5. Jan Gonda (1969), The Hindu Trinity, Anthropos, Bd 63/64, H 1/2, ble. 212–226
  6. 6,0 6,1 Arvind Sharma 2000, p. 65.
  7. Issitt & Main 2014, pp. 147, 168.
  8. Flood 1996, p. 151.
  9. David Kinsley 1988, p. 50, 103–104.
  10. Tracy Pintchman 2015, pp. 113, 119, 144, 171.
  11. Kramrisch 1981, pp. 184–188
  12. Davis, pp. 113–114.
  13. William K. Mahony 1998, p. 14.
  14. Shiva Samhita, vertalings deur Mallinson.
  15. Varenne, p. 82.
  16. Fuller, p. 58.

Developed by StudentB