Sigbare heelal

Sigbare heelal
’n Kunstenaarsvoorstelling van die sigbare heelal, met die sonnestelsel as middelpunt. Ook aangedui is die binneste en buitenste planete, Kuipergordel, Oortwolk, Alpha Centauri, Perseus-arm, Melkweg, Andromeda-sterrestelsel, nabygeleë sterrestelsels, kosmiese mikrogolfagtergrond en die Oerknal se onsigbare plasma aan die kant. Hemelliggame is vergroot om hulle vorm te wys.
’n Kunstenaarsvoorstelling van die sigbare heelal, met die sonnestelsel as middelpunt. Ook aangedui is die binneste en buitenste planete, Kuipergordel, Oortwolk, Alpha Centauri, Perseus-arm, Melkweg, Andromeda-sterrestelsel, nabygeleë sterrestelsels, kosmiese mikrogolfagtergrond en die Oerknal se onsigbare plasma aan die kant. Hemelliggame is vergroot om hulle vorm te wys.
Deursnee 93 miljard ligjare (28,5 gigaparsek of 8,8 × 1026 m)[1]
Volume 3,566 × 1080 m3[2]
Massa (gewone materie) 1,5 × 1053 kg
Digtheid (van totale energie) 9,9 × 10−27 kg/m3 (gelyk aan ses protone per kubiekmeter se ruimte)[3]
Ouderdom 13,787 ± 0,020 miljard jare
Gemiddelde temperatuur 2,725 48 ± 0,000 57 K[4]
Bevat Ordinêre (barione) materie (4,9%)
Donker materie (26,8%)
Donker energie (68,3%)[5]

Die sigbare heelal of waarneembare heelal is ’n sferiese streek van die heelal wat alle materie bevat wat tans waargeneem kan word van die Aarde af of met sy ruimtetuie en -teleskope, omdat elektromagnetiese straling van hierdie voorwerpe genoeg tyd gehad het om die Sonnestelsel en Aarde te bereik sedert die begin van die kosmiese uitdying. Daar is minstens 2 biljoen (2 x 1012) sterrestelsels in die sigbare ruimte.[6][7] As aangeneem word die heelal is isotropies (met dieselfde fisiese eienskappe in alle rigtings), is die afstand na die kant van die sigbare heelal oral rofweg dieselfde. Dus het die sigbare heelal ’n sferiese (ronde) volume, wat om die waarnemer gesentreer is. Elke plek in die heelal kan sy eie sigbare heelal hê (wat miskien of miskien nie oorvleuel met die een wat om die Aarde gesentreer is nie).

Die woord "waarneembaar" in hierdie sin verwys nie na die vermoë van moderne tegnologie om lig of ander inligting van ’n voorwerp te bespeur en of daar enigiets is om te bespeur nie. Dit verwys na die fisiese perk wat deur die ligsnelheid self geskep word. Omdat geen sein vinniger as lig kan beweeg nie, kan enige voorwerp wat verder van ons af weg is as wat lig kon beweeg in die bestaan van die heelal (geraam as sowat 13,799±0,021 miljard jaar)[8] eenvoudig nie bespeur word nie omdat die seine ons nog nie sou kon bereik nie. Soms onderskei astrofisici tussen die "sigbare" heelal, wat net seine insluit wat uitgestuur is sedert herkombinasie (toe waterstofatome gevorm het uit elektrone en protone, en fotone vrygestel is), en die "sigbare " heelal, wat seine insluit sedert die begin van die kosmiese uitdying (die Oerknal in tradisionele fisiese kosmologie, of die einde van die inflasie-epog in moderne kosmologie).

Die radius van die sigbare heelal word tans geraam op sowat 46,5 miljard ligjare[9][10] en sy deursnee op sowat 93 miljard ligjare (28,5 gigaparsek of 8,8 × 1026 m.[11] Die totale massa van gewone materie in die heelal kan bereken word deur die gebruik van die kritieke digtheid en die deursnee van die sigbare heelal, en is sowat 1,5 × 1053 kg. In November 2018 het sterrekundiges aangekondig die ekstragalaktiese agtergrondlig is 4 × 1084 fotone.[12][13]

Aangesien die heelal al hoe vinniger uitdy, sal alle voorwerpe wat tans sigbaar is, eindelik lyk of hulle in tyd gevries is terwyl hulle lig al hoe rooier en dowwer sal word. Voorwerpe met ’n huidige rooiverskuiwing z van 5 tot 10 sal byvoorbeeld nie vir langer as 4-6 miljard jaar sigbaar wees nie. En lig wat uitgestraal word deur voorwerpe wat ver genoeg van ons af is, sal nooit die Aarde bereik nie.[14]

  1. Itzhak Bars; John Terning (2009). Extra Dimensions in Space and Time. Springer. pp. 27–. ISBN 978-0-387-77637-8. Besoek op 1 Mei 2011.
  2. "volume universe - Wolfram|Alpha". www.wolframalpha.com.
  3. "What is the Universe Made Of?". Nasa. Besoek op 1 Junie 2022.
  4. Fixsen, D. J. (Desember 2009). "The Temperature of the Cosmic Microwave Background". The Astrophysical Journal. 707 (2): 916–920. arXiv:0911.1955. Bibcode:2009ApJ...707..916F. doi:10.1088/0004-637X/707/2/916. S2CID 119217397.
  5. "Planck cosmic recipe". Esa.
  6. Conselice, Christopher J.; et al. (2016). "The Evolution of Galaxy Number Density at z < 8 and Its Implications". The Astrophysical Journal. 830 (2): 83. arXiv:1607.03909v2. Bibcode:2016ApJ...830...83C. doi:10.3847/0004-637X/830/2/83.
  7. Fountain, Henry (17 Oktober 2016). "Two Trillion Galaxies, at the Very Least". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2019. Besoek op 17 Oktober 2016.
  8. Planck Collaboration (2016). "Planck 2015 results. XIII. Cosmological parameters (pdf)". Astronomy & Astrophysics. 594: A13. arXiv:1502.01589. Bibcode:2016A&A...594A..13P. doi:10.1051/0004-6361/201525830.
  9. Frequently Asked Questions in Cosmology. Astro.ucla.edu. Besoek op 2011-05-01.
  10. Lineweaver, Charles; Davis, Tamara M. (2005). "Misconceptions about the Big Bang". Scientific American. 292 (3): 36–45. Bibcode:2005SciAm.292c..36L. doi:10.1038/scientificamerican0305-36.
  11. Bars, Itzhak; Terning, John (November 2009). Extra Dimensions in Space and Time. Springer. pp. 27–. ISBN 978-0-387-77637-8. Besoek op 1 Mei 2011.
  12. Overbye, Dennis (3 Desember 2018). "All the Light There Is to See? 4 x 10⁸⁴ Photons". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2019. Besoek op 4 Desember 2018.
  13. The Fermi-LAT Collaboration (30 November 2018). "A gamma-ray determination of the Universe's star formation history". Science. 362 (6418): 1031–1034. arXiv:1812.01031. Bibcode:2018Sci...362.1031F. doi:10.1126/science.aat8123. PMID 30498122.
  14. Loeb, Abraham (2002). "Long-term future of extragalactic astronomy". Physical Review D. 65 (4): 047301. arXiv:astro-ph/0107568. Bibcode:2002PhRvD..65d7301L. doi:10.1103/PhysRevD.65.047301.

Developed by StudentB