Sigmund Freud | |
Freud, deur Max Halberstadt (1921).
| |
Geboortenaam | Sigismund Schlomo Freud |
---|---|
Gebore | 6 Mei 1856 Freiberg in Mähren, Morawië, Keiserryk Oostenryk (tans Příbor, Tsjeggië) |
Oorlede | 23 September 1939 (op 83) Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Oostenryk |
Vakgebied | neurologie, psigoterapie, psigoanalise |
Instelling(s) | Universiteit van Wene |
Alma mater | Universiteit van Wene (MD, 1881) |
Ander akademiese adviseur(s) | Franz Brentano Ernst Brücke Carl Claus |
Bekend vir | Psigoanalise |
Beïnvloed deur | Franz Brentano, Jean-Martin Charcot, Goethe, Schopenhauer |
Invloed op | Alfred Adler, Carl Jung en Jacques Lacan |
Toekennings | Goethe-prys (1930) Buitelandse lid van die Royal Society |
Handtekening |
Sigmund Freud (6 Mei 1856 - 23 September 1939) was 'n Oostenrykse neuroloog en die stigter van die psigoanalitiese tradisie binne die sielkunde, 'n beweging wat die teorie dat onderbewuste motiewe baie optrede beheer, gewild gemaak het. Hy het geïnteresseerd geraak in hipnose en hoe dit geestesiekes kon help. Hy het later hipnose laat vaar en eerder vrye assosiasie en droomanalise verkies, deur wat nou bekend staan as "die pratende genesing" te ontwikkel. Dit het die kernelemente van psigoanalise geword. Freud het veral belanggestel in wat toe histerie genoem is.
Freud se teorieë en sy behandeling van pasiënte was opspraakwekkend in die 19de-eeuse Wene, en word selfs vandag nog vurig gedebatteer. Freud se idees word gereeld bespreek en ontleed as werke van literatuur, filosofie en algemene kultuur, te midde van die aanhoudende debat oor hulle waarde as wetenskaplike en mediese verhandelinge.