Sjavuot (Jiddisj: שבועות, ) in Asjkenasiese gemeenskappe, Sjavuot in Sefardiese en Mizrachi-gemeenskappe (Hebreeus: שבועות, letterlik: "Weke"), ook bekend as Wekefees, Fees van die Weke of Pinkster (Grieks: πεντηκοστὴ [ἡμέρα], pentēkostē [hēméra], letterlik: "vyftigste [dag]"), is 'n Joodse fees.
) of Sjavuos (Sjavuot word ná 49 dae se Omertelling op die 50ste dag, dus sewe weke en een dag na Pesach, gevier. Dit val op die sesde en sewende dag van die maand Siwan volgens die Joodse kalender. Saam met Pesach en Soekkot is Sjavuot een van die drie tradisionele Bedevaartsfeeste (שלוש רגלים, sjalosj regalim). Tydens die bestaan van die Tweede Tempel het die Jode na Jerusalem gegaan om daar offerandes te bring.
Sjavuot het 'n dubbele betekenis. Dit dui op die eerste koringoes in Israel (Sjemot/Eksodus 34,22) en herdenk die dag toe God die Tora aan die versamelde volk Israel by die berg Sinai gegee het. Die verhouding tussen die ontvangs van die Tora (Matan Tora) en Sjavuot blyk duidelik uit die Bybelse teks (Sjemot/Eksodus 19,1; 19,3–7; 19,8,10–11; 19,21–25; Wajikra/Levitikus 23,15[3]).
'n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; 'n land van olieryke olyfbome en heuning;
"Van die dag ná die sabbat af, die dag waarop julle die are as beweegoffer vir die Here aanbied, moet julle sewe volle weke tel.