Slag van Duinkerken | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Tweede Wêreldoorlog | |||||||
Britse soldate skiet op 'n vliegtuig, terwyl die soldate in die agtergrond dekking soek | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Frankryk Verenigde Koninkryk België Nederland |
Nazi-Duitsland | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Lord Gort Maxime Weygand |
Gerd von Rundstedt (Leër Groep A) Ewald von Kleist (pantsergroepe) | ||||||
Sterkte | |||||||
400 000 | 800 000 | ||||||
Ongevalle | |||||||
68 000 dood en gewond, 34 000 gevange geneem, 6 torpedojagers, 200+ klein gevegsbote, 177 vliegtuie | 20 000 dood en gewond, 100 tenks, 132 vliegtuie |
Die Slag van Duinkerken (Frans: Bataille de Dunkerque) was 'n militêre operasie tydens die Tweede Wêreldoorlog wat vanaf 27 Mei tot 4 Junie 1940 in die Noord-Franse stad Duinkerken uitgevoer is. Duitse gepantserde troepe het na Calais opruk en die geallieerde magte in twee verdeel. Die spoed waarteen die Duitsers beweeg het, het die Britse en Franse bevelvoerders onkant betrap. Die noordelike groep het na Duinkerken teruggeval.