Slag van Jutland

Slag van Jutland
Deel van Eerste Wêreldoorlog

Die Slag van Jutland
Datum 31 Mei - 1 Junie 1916
Ligging Skagerrak, Noordsee
Resultaat Duitse taktiese oorwinning, strategiese pat
Strydende partye
Verenigde Koninkryk Duitse Keiserryk
Bevelvoerders
John Jellicoe

David Beatty

Reinhard Scheer

Franz Hipper

Sterkte
28 Slagskepe: Dreadnought tipe,
9 Swaarkruisers,
8 Kruisers,
26 Ligte Kruisers,
77 Torpedobote
16 Slagskepe: Dreadnought tipe,
6 Slagskepe: Pre-Dreadnougt,
5 Swaarkruisers,
11 Ligte Kruisers,
61 Torpedobote
Ongevalle
6 094 mense,
14 skepe
2 551 mense,
11 skepe

Die Slag van Jutland het plaasgevind op 31 Mei 1916 in die Noordsee tydens die Eerste Wêreldoorlog toe die Britse Grand Fleet slaags geraak het met die Duitse High Seas Fleet. Dit was die laaste keer dat twee lande se volledige vlote slaags geraak het. Die Britse Vloot het uit 148 skepe- en die Duitse vloot uit 99 skepe van alle tipes en grotes bestaan. Vise-Admiraal Reinhard Scheer was die bevelvoerder van die Duitse vloot en Admiraal Sir John Jellicoe was in beheer van die Britse vloot.


Developed by StudentB