Slag van Tsoesjima | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Russies-Japannese Oorlog | |||||||
Admiraal Tōgō op die brug van die Mikasa, aan die begin van die Slag van Tsoesjima in 1905. Die seinvlag wat gehys word, verteenwoordig die letter Z, wat 'n spesiale opdrag aan die vloot was. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Japan | Rusland | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Tōgō Heihachirō Kamimura Hikonojō Dewa Shigetō |
Zinowi Rozjestwenski Nikolai Nebogatof Oskar Enqvist | ||||||
Sterkte | |||||||
5 slagskepe 23 kruisers 20 torpedojaers 16 torpedobote plus hulpvaartuie |
8 slagskepe 3 kusgevegskepe 8 kruisers 9 torpedojaers plus hulpvaartuie | ||||||
Ongevalle | |||||||
117 dood 583 beseer 3 torpedobote gesink (450 ton gesink) |
4 380 dood 5 917 gevange geneem 6 slagskepe gesink 1 kusslagskip gesink 14 ander skepe gesink 7 skepe oorgeneem 6 skepe ontwapen ( 126 792 ton gesink) |
Die Slag van Tsoesjima (Japannees: 対 馬海 戦, Tsushima kaisen; Russies: Цусимское сражение, Tsoesimskoije srazhenije) was die laaste en beslissende seeslag van die Russies-Japannese Oorlog (1904-1905) wat in die See van Japan plaasgevind het. Die geveg het op 27 en 28 Mei 1905 plaasgevind (14-15 Mei volgens die Juliaanse kalender wat Rusland tot 1917 gebruik het). Die Japannese Keiserlike Vloot onder admiraal Heihachiro Tōgō het twee derdes van die Oosseevloot van die Russiese Keiserlike Vloot onder admiraal Zinowi Rozjestwenski vernietig.
Dit was die skeepsvaart se eerste beslissende seestryd wat deur moderne staal-oorlogskeepsvlote geveg is, en die eerste seeslag waarin draadlose telegrafie (radio) 'n kritieke belangrike rol gespeel het.[2]