Slowaaks slovenčina | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Slowakye Hongarye Serwië Tsjeggië Oekraïne Roemenië Kroasië | |
Gebied: | Sentraal-Europa | |
Totale sprekers: | 5,1 miljoen (moedertaal) 1,7 miljoen (tweede taal)[1] | |
Rang: | 106 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Wes-Slawies Tsjeggo-Slowaaks Slowaaks | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Europese Unie Slowakye Vojvodina (Serwië) | |
Gereguleer deur: | Instituut van Slowaaks | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | sk | |
ISO 639-2: | slk | |
ISO 639-3: | slk | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Slowaaks (slovenčina, slovenský jazyk [ˈsloʋenskiː ˈjazik] Wes-Slawiese taalgroep. Dit word deur sowat 6,9 miljoen mense, vernaamlik in Slowakye, waar dit die amptelike taal is, gepraat, asook in kleiner taaleilande in Hongarye, Kroasië, Oekraïne, Roemenië, Serwië, Slowenië en Tsjeggië. As minderheidstaal word dit ook deur immigrante in onder andere die Verenigde State en Kanada gebesig. Sedert 1 Mei 2004 is Slowaaks een van die amptelike tale van die Europese Unie.
) is 'n lid van dieSlowaaks word, net soos die nou verwante Kasjoebies, Sorbies, Tsjeggies en Pools, in die Latynse Alfabet geskryf. In teenstelling met Tsjeggies, wat vandag as standaardtaal in die hele Tsjeggië gepraat word, is daar drie dialekgroepe, Wes-, Sentraal- en Oos-Slowaaks. Die moderne Slowaakse skryftaal baseer op Sentraal-Slowaaks.
Weens Slowaaks se nou verwantskap aan Tsjeggies kan Slowake en Tsjegge mekaar maklik verstaan. Amptelike dokumente wat in die een land se ampstaal uitgereik word, word in die ander land outomaties erken. Televisieprogramme word sonder vertaling of ondertitels uitgesaai. Die jongste generasie Tsjegge en Slowake vind dit wel moeiliker om mekaar te verstaan aangesien daar ná die ontbinding van Tsjeggo-Slowakye in 1993 nie meer daaglikse kontak met mekaar se tale is nie.[2]
Spore van moderne Slowaaks kan in die 19de eeu bespeur word. Daar is egter ook spore van Oud-Slowaaks in die 11de eeu.