Sodwanabaai

Sodwanabaai is in Suid-Afrika
Sodwanabaai
Sodwanabaai
Ligging van Sodwanabaai in Suid-Afrika

Sodwanabaai is 'n baai aan die Indiese Oseaan in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die St. Thomas het in 1589 hier gestrand. Die baai is in 1888 opgemeet om sy geskiktheid as 'n hawe te bepaal. Die planne is laat vaar toe 'n hawe by Richardsbaai 120 km verder suid ontwikkel is. Die baai is nou deel van 'n groot bewaararea, die iSimangaliso-vleilandpark. Jesser Point dui die suidelike landhoof van die baai aan.

Daar is onbeskadigde koraalriwwe en 'n groot verskeidenheid oseaanlewe in die baai. Die baai is bekend vir sy hengel, ryk voëllewe, skubaduik en die waterskilpaaie wat hier nes maak.


Developed by StudentB