Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Georgië |
Provinsie | Abchasië |
Koördinate | 43°00′N 41°01′O / 43.000°N 41.017°O |
Stigting | 6de eeu v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 372 vk km |
Hoogte bo seevlak | 5–140 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2018) | 65 439[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 175/vk km |
Tydsone | UTC+04:00 (MSK) |
Burgemeester | Beslan Esjba |
Soechoemi (Abchasies: Аҟəа, Aqwais; Georgies: სოხუმი, Sochoemi, [sɔχumi], ; Russies: Сухум, Soechoem, [sʊˈxum(ʲɪ)]) is die hoofstad van Abchasië, 'n omstrede gebied in Georgië. Die stad het in 2018 'n bevolking van sowat 65 400 gehad.
Soechoemi is 'n stad in 'n wye baai aan die Swartsee se oostelike kus. Dit is beide die hoofstad en grootste stad van die Republiek Abchasië, wat dit sedert die Abchasië-oorlog in 1992–93 beheer. Abchasië word egter internasionaal as deel van Georgië beskou. Die stad, wat 'n lughawe het, is 'n hawe, groot spooraansluiting en 'n vakansieoord vanweë sy strande, sanatoriums, mineraalwater-spa's en semitropiese klimaat. Dit is ook 'n lid van die Internasionale Swartseeklub.[2]