Die Sondvloed, soos vertel in Genesis 6-9, is die Hebreeuse weergawe van die universele vloedmite.[1] Dit vertel van God se besluit om 'n oorstroming oor die aarde te laat kom om al wat daarop lewe, te verdelg, en dit opnuut deur Noag te herskep.[2]
Genesis is waarskynlik omstreeks die 5de eeu v.C. geskryf,[3] hoewel sommige geleerdes glo hoofstuk 1-11, insluitende die verhaal oor die vloed, is dalk eers in die 3de eeu v.C. geskryf.[4][5] Dit steun op twee bronne en hoewel baie feite mekaar weerspreek,[6] vorm die verhaal 'n eenheid.[7]
Die wêreldwye vloed soos in die Bybel vertel, stem nie ooreen met fisieke bevindings in geologie, paleontologie en die wêreldwye verspreiding van spesies nie.[8][9][10]