Sorbet

Somerbessies soos frambose is 'n geskikte basis vir 'n sorbet.

'n Sorbet (afgelei van die Persies-Arabiese woord sjerbet, wat eintlik "bevrore water" beteken, en die Franse sorbet) is 'n ysgereg wat van vrugtesap, vrugtepuree, suiker, suikerstroop en geurstowwe (waaronder ook alkoholiese dranke soos wyn, vonkelwyn en likeur, waarby laasgenoemde graag gebruik word om die smaak van vrugte te verfyn) en soms eierwit gemaak word, maar in teenstelling met roomys geen melkbestanddele soos melk of room en ook geen eiers bevat nie.

Ten einde 'n romerige massa te verkry en die vorming van yskristalle te vermy, moet 'n sorbet, terwyl dit vries, steeds geroer word.

Sorbets word volgens die Franse tradisie gewoonlik as 'n verfrissing tussen twee gange van 'n dinee bedien. Daarnaas is sorbets ook geskik om as 'n aperitief te dien, met byvoorbeeld groen tee as hoofbestanddeel.


Developed by StudentB