Spaanse Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Spaans |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Opgerig | 11 Mei 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | es.wikipedia.org |
Die Spaanse Wikipedia is die Spaanse uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie. Die wikipedia is op 11 Mei 2001 begin, en bereik reeds op 8 Maart 2006 hulle 100 000ste artikel. Dit het tans 1 992 077 artikels en is die 8ste grootste Wikipedia volgens aantal artikels.
Vir 'n lang tyd was dit die 6de grootste uitgawe van Wikipedia, totdat die Nederlandse Wikipedia en die Italiaanse uitgawe dit in 2005 ingehaal het, asook die Russiese Wikipedia. Op 18 November 2007 bereik die Spaanse Wikipedia 300 000 artikels en steek in Mei 2013 die miljoenkerf verby. Sedert Mei 2017 het die Spaanse Wikipedia meer as 1 500 000 artikels.