Die betekenis van spiritualiteit het mettertyd ontwikkel en uitgebrei, en verskeie konnotasies kan langs mekaar gevind word.[1][2][3] Tradisioneel het spiritualiteit verwys na 'n godsdienstige proses van hervorming wat "...ten doel het om die oorspronklike vorm van die mens te herstel",[4] gerig op "die beeld van God"[5][6] soos geïllustreer deur die stigters en heilige tekste van die godsdienste van die wêreld. Die term is binne vroeë Christendom gebruik om te verwys na 'n lewe gerig op die Heilige Gees[7] en verbreed gedurende die Laat Middeleeue om geestelike aspekte van die lewe in te sluit.[8] In moderne tye, het die term versprei beide na ander godsdienstige tradisies [9] en uitgebrei om te verwys na 'n wyer reeks ervaring, insluitend 'n reeks esoteriese tradisies en godsdienstige tradisies. Moderne gebruike is geneig om te verwys na 'n subjektiewe ervaring van 'n heilige dimensie[10] en die "diepste waardes en betekenisse waardeur mense leef",[11][12] dikwels in 'n konteks verwyderd van georganiseerde godsdienstige instellings.[13] Dit kan geloof in 'n bonatuurlike ryk behels buite die gewoonlik waarneembare wêreld, [14] persoonlike groei,[15] 'n soeke na 'n uiteindelike of heilige betekenis,[16] godsdienstige ervaring,[17] of 'n ontmoeting met 'n mens se eie "innerlike dimensie."[18]