Stellenbosch | |
---|---|
'n Uitsig oor Pleinstraat na Bothmaskop in die ooste | |
Koördinate: 33°55′12″S 18°51′36″O / 33.92000°S 18.86000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Kaapse Wynland |
Munisipaliteit | Stellenbosch |
Stigting | 1679[1] |
Regering | |
• Burgemeester | Gesie van Deventer[2] (Demokratiese Alliansie) |
Oppervlak | |
• Totaal | 8,24 km2 (3,18 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 19 068 |
• Digtheid | 2 314/km2 (5 990/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 65,6% |
• Indiërs/Asiërs | 0,9% |
• Bruin mense | 16,3% |
• Swart mense | 15,6% |
• Ander | 5,0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 71,0% |
• Engels | 20,6% |
• Xhosa | 2,0% |
• Suid-Sotho | 1,3% |
• Ander | 5,0% |
Poskode (strate) | 7600 |
Poskode (posbusse) | 7599 |
Skakelkode | 021 |
Stellenbosch, ewegoed bekend as die Eikestad, is die naasoudste Europese nedersetting in Suid-Afrika ná Kaapstad, oorspronklik gevestig as 'n landboukolonie. Dit is geleë in die Wes-Kaapprovinsie.
Dit is sowat 50 kilometer van Kaapstad, en in die sensus van 2011 is 77 476 inwoners in die stedelike gebied van Stellenbosch getel, studente uitgesluit. Hierdie skatting is gegrond op formeel-behuisde inwoners, en is dus heel moontlik onderskat, omdat die Stellenbosch-omgewing ook 'n aantal informele nedersettings het. Stellenbosch is besig om vinnig saam te smelt met aanliggende nedersettings.