Stephanus Schoeman | |
Stephanus Schoeman | |
2de President van die Zuid-Afrikaansche Republiek
| |
Ampstermyn 6 Desember 1860 – 17 April 1862 | |
Voorafgegaan deur | Marthinus Wessel Pretorius |
---|---|
Opgevolg deur | W.C. Janse van Rensburg |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 15 Maart 1810 Oudtshoorn, Kaapprovinsie |
Sterf | 19 Junie, 1890 |
Eggenoot/-note | Elsie van Heerden |
Kommandant-Generaal Stephanus Schoeman (15 Maart 1810, Oudtshoorn – 19 Junie, 1890) was waarnemende Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) van 6 Desember 1860 tot 17 April 1862. Hy het ook tydens die Transvaalse Burgeroorlog as Staatspresident gedien (tot 19 Januarie 1863).[1]
Die eerste Schoeman het in 1674 in die Kaapkolonie aangekom uit Ditmarschen in Sleeswyk-Holstein, Duitsland. Ditmarschen was tot 1550 'n klein “'Boererepubliek” (Duits: Burenrepublik). Die herinnering aan die vrye Boererepubliek het waarskynlik by die immigrante na Suid-Afrika voortgeleef.
Schoeman het met die weduwee van Hendrik Potgieter getrou.