’n Sterrestelselswerm of swerm sterrestelsels is ’n groot groep sterrestelsels wat deur onder meer hul onderlinge swaartekrag bymekaar gehou word. ’n Swerm kan uit tientalle tot duisende sterrestelsels bestaan. In die Abell-katalogus is 4 073 sterrestelselswerms opgeneem.