Wêreldrugby Stille Oseaan-nasiesbeker | |
2024 Stille Oseaan-nasiesbeker | |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 2006 |
Eienaar | Wêreldrugby |
Inwydingseisoen | 2006 IRR Stille Oseaan Vyfnasies |
Deelnemende lande | Fidji Japan Kanada Samoa Tonga Verenigde State |
Aantal spanne | 6 |
Mees onlangse kampioen | Fidji (2024) |
Die Stille Oseaan-nasiesbeker (Engels: Pacific Nations Cup), amptelik die Wêreldrugby Stille Oseaan-nasiesbeker (World Rugby Pacific Nations Cup), is ’n internasionale rugbykompetisie wat beslis word tussen Fidji, Japan, Kanada, Samoa, Tonga en die Verenigde State. Dit is die eerste keer in 2006 gehou en is bedoel om vlak-twee-rugbyspanne te versterk deur mededingende toetswedstryde in ’n toernooiformaat aan te bied.
Voormalige spanne sluit in die Junior All Blacks (ook bekend as Nieu-Seeland A; in 2006, 2007, 2009), Australië A (in 2007, 2008, 2022), Georgië (in 2018) en die Māori All Blacks (in 2008). Die eerste toernooi is die enigste een wat die titel van IRR Stille Oseaan Vyfnasies gedra het; van 2007 af was die kompetisie bekend as die IRR Stille Oseaan-nasiesbeker en daarna die Wêreldrugby Stille Oseaan-nasiesbeker.
Fidji is tans die houer van die titel, nadat hulle Japan in die 2024-eindstryd met 41–17 geklop het. Samoa het die bronsmedaljewedstryd beklink met ’n oorwinning van 18–13 oor die Verenigde State.[1]