Strategie

Strategie (van die Griekse στρατηγία stratēgia, "die kuns van die troepeleier; die kantoor van die generaal, bevelvoering"[1]) is 'n hoëvlak-plan om een of meer doelwitte onder onsekere toestande te bereik. In die sin van "die kuns van die generaal", wat etlike ondervertakkings van vaardighede insluit, onder meer taktiek, beleëringskuns, logistiek, ens., het die term in die 6de eeu in Oos-Romeinse terminologie in gebruik gekom, en is eers in die 18de eeu in Westerse spreektale vertaal. Van toe tot die 20ste eeu het die woord "strategie" die betekenis gehad van "'n omvattende manier om politieke doelwitte na te streef, insluitend die dreigement of werklike gebruik van geweld, met redevoering" in 'n militêre konflik, waaraan albei teëstanders deelneem.[2]

Strategie is belangrik omdat die hulpbronne wat beskikbaar is om die doelwitte te bereik gewoonlik beperk is. Strategie behels oor die algemeen die stel van doelwitte, die bepaling van wat gedoen moet word om die doelwitte te bereik, en die benutting van die hulpbronne om die aksies uit te voer. 'n Strategie beskryf hoe die doelwitte deur die gebruik van die middele (hulpbronne) bereik sal word. 'n Strategie kan vooraf bepaal word of kan as 'n patroon van aktiwiteit ontstaan namate die organisasie by sy omgewing aanpas of meeding. Dit behels aktiwiteite soos strategiese beplanning en strategiese denke.[3]

Henry Mintzberg van die McGill-Universiteit definieer strategie as 'n patroon in 'n stroom van besluite in teenstelling met 'n siening van strategie as beplanning,[4] terwyl Max McKeown (2011) redeneer dat "strategie handel oor die vorming van die toekoms" en is die menslike poging om "die verlangde doelwitte met die beskikbare middele te bereik". Dr. Vladimir Kvint definieer strategie as " 'n stelsel om 'n doktrine te vind, formuleer en ontwikkel wat langtermynsukses sal verseker indien dit getrou gevolg word".[5] Kompleksiteitteoretici definieer strategie as die ontplooiing van die interne en eksterne aspekte van die organisasie wat lei tot aksies in 'n sosio-ekonomiese konteks.[6][7][8]

  1. στρατηγία, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus
  2. Freedman, Lawrence (2013). Strategy. Oxford University Press. ISBN 978-0-19-932515-3.
  3. Mintzberg, Henry and, Quinn, James Brian (1996). The Strategy Process: Concepts, Contexts, Cases. Prentice Hall. ISBN 978-0-13-234030-4.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Henry Mintzberg (Mei 1978). "Patterns in Strategy Formation" (PDF). Management Science. INFORMS. 24 (9): 934–948. doi:10.1287/mnsc.24.9.934. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Oktober 2013. Besoek op 31 Augustus 2012. {{cite journal}}: Onbekende parameter |deadurl= geïgnoreer (hulp)
  5. Kvint, Vladimir (2009). The Global Emerging Market: Strategic Management and Economics. Routeledge.
  6. Stacey, R. D. (1995). "The science of complexity – an alter-native perspective for strategic change processes". Strategic Management Journal. 16 (6): 477–495.
  7. Terra, L. A. A.; Passador, J. L. "Symbiotic Dynamic: The Strategic Problem from the Perspective of Complexity". Systems Research and Behavioral Science. 33 (2): 235–248. doi:10.1002/sres.2379. Besoek op 16 Mei 2017.
  8. Morin, E. (2005). Introduction à la pensée complexe. Paris: Éditionsdu Seuil.

Developed by StudentB