In die beeldende kunste is styl 'n "... bepaalde manier wat die groepering van werke in verwante kategorieë moontlik maak"[1] of "...enige bepaalde en dus herkenbare manier waarop 'n stuk uitgevoer of 'n artefak gemaak word, of uitgevoer en gemaak behoort te word."[2] Dit verwys na die visuele voorkoms van 'n kunswerk wat verband hou met ander werke deur dieselfde kunstenaar, of werke van dieselfde tydperk, opleiding, streek, "skool", kunsbeweging of argeologiese kultuur: "Die idee van styl was lank die vernaamste metode waarvolgens die kunshistorikus kunswerke geklassifiseer het. Hy selekteer en vorm die kunsgeskiedenis volgens styl".[3]