Subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland Inheemse naam: New Zealand Subantarctic Islands | |
---|---|
Kaart van die subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland | |
Geografie | |
Ligging | Suidwestelike Stille Oseaan |
Koördinate | 50°45′S 166°6′O / 50.750°S 166.100°O
|
Hoofeilande | 5 |
Oppervlakte | 764,8 km²
410 m |
Administrasie | |
Nieu-Seeland
| |
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland (Engels: New Zealand Subantarctic Islands) behels die vyf suidelikste eilandgroepe van die afgeleë eilande van Nieu-Seeland. Hulle is almal onbewoonde eilande in die suidwestelike Stille Oseaan. Die subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland is in 1998 gesamentlik deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
Die meeste van die eilande lê naby die suidoostelike hoek van die meestal oorstroomde kontinent Seelandië wat veral uit Nieu-Seeland bestaan en sowat 60–85 miljoen jaar gelede van Australië en sowat 85–130 miljoen jaar gelede van Antarktika geskei is. Suidwes van die subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland is die Australiese Macquarie-eiland geleë wat een jaar vroeër ook 'n Unesco-wêrelderfenisgebied geword het en soortgelyke kenmerke toon.