Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994 het tussen 27 April en 29 April 1994 plaasgevind. Dit was die eerste veelrassige algemene verkiesing in Suid-Afrika. Die uitslag was oorweldigend in die guns van die African National Congress van dr. Nelson Mandela en maak 'n einde aan die sogenaamde Apartheidsregering wat sedert 1948 aan bewind was.