Supersoniese snelheid is ’n spoed van ’n voorwerp wat die spoed van klank (Mach 1) oortref. Vir voorwerpe wat by seevlak in droë lug van 20 °C vlieg, is dié snelheid sowat 343 meter per sekonde (m/s), 667 knope of 1 235 km/h. Snelhede van meer as vyf keer die spoed van klank (Mach 5) word dikwels hipersonies genoem. Vlugte waar net dele van die lug om ’n voorwerp, soos die punte van rotorlemme, supersoniese snelhede bereik, word transonies genoem. Dit is gewoonlik tussen Mach 0,8 en Mach 1,23