Suryavarman II | |
---|---|
Koning van die Khmer-ryk | |
Suryavarman II, soos uitgebeeld in ’n basreliëf by Angkor Wat.
| |
Bewind | 1113-1145/1150 |
Voorganger | Dharanindravarman I |
Opvolger | Dharanindravarman II |
Dinastie | Khmer-ryk |
Vader | Ksitindraditya |
Moeder | Narendralakshmi |
Gebore | 11de eeu, Angkor |
Oorlede | 1145/1150 |
Postume naam | Paramavishnuloka |
Suryavarman II (Khmer: សូរ្យវរ្ម័នទី២) was van 1113 tot 1145/1150 koning van die Khmer-ryk. Hy het Angkor Wat laat bou, wat die grootste godsdiensmonument in die wêreld is, en dit gewy aan die Hindoegod Vishnu. Sy bewind se monumentale argitektuur, talle militêre veldtogte en herstel van sterk regering het gemaak dat historici hom as een van die ryk se grootste koning beskou.