Swartdas

Kroonprinses Victoria en Daniel Westling kom aan by die Riksdagse swartdasgala op die vooraand van hul troue.

Swartdas, algemeen bekend onder sy Engelse naam Black tie of sy Franse naam cravate noire,[1] is 'n dragkode vir aandgebeure en sosiale funksies, afgelei van die Britse en Amerikaanse kostuumkonvensies van die 19de eeu. Tradisioneel word dit slegs gedra vir funksies na 7 n.m., swartdas is minder formeel as witdas maar meer formeel as informele of besigheidsdrag. In die Verenigde State, word die here se vorm van swartdasuitrustings dikwels na verwys as 'n tuxedo.[2]

  1. http://www.fashionbeans.com/2016/complete-guide-mens-dress-codes/
  2. http://www.debretts.com/british-etiquette/british-behaviour/h/dress-codes/black-tie.

Developed by StudentB