Sydney | |
---|---|
Stad | |
Die Local Government Areas van Sydney | |
Koördinate: 33°51′54″S 151°12′34″O / 33.86500°S 151.20944°O | |
Land | Australië |
Deelstaat | Nieu-Suid-Wallis |
Administratiewe verdeling | Local Government Areas |
Gestig op | 26 Januarie 1788 |
Regering | |
• Burgemeester | Clover Moore |
Oppervlak | |
• Totaal | 12 367 km2 (4 775,2 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 5 029 768 |
• Digtheid | 406,7/km2 (1 053,3/vk. myl) |
Tydsone | UTC+10:00 (Australiese Osterse Standaardtyd) |
Webwerf | cityofsydney.nsw.gov.au |
Sydney (Engels: [ˈsɪdni], ) is die hoofstad van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis in Australië en is die grootste en oudste stad in daardie land. Dit het 'n bevolking van meer as 5 miljoen (2016) en word dikwels as die hoofstad van Australië beskou, hoewel dié eintlik Canberra is.
Daar is min stede wat op so 'n presiese stigtingsdatum kan roem of so 'n kort en dramatiese geskiedenis soos Sydney het.[3] Op 18 en 26 Januarie 1788 het elf Britse skepe, wat vandag as Die Eerste Vloot (The First Fleet) bekend staan, met sowat 1 000 mense aan boord in Sydney se Botanybaai anker gegooi. Meer as 700 van hulle was gevangenes wat onder bevel van kaptein Arthur Phillip na Australië gedeporteer is.
Ingevolge die destydse Georgiaanse regstelsel is die doodstraf dikwels selfs vir klein oortredings opgelê. Sydney se eerste inwoners was dus nie noodwendig kriminele in die huidige betekenis van die woord nie, maar eerder arm skepsels wat tot deportasie "begenadig" is vir oortredings soos die onwettige pluk van komkommers in 'n vreemde tuin of die diefstal van 'n sakdoekie.[4]