Sywurm | |
---|---|
Prometheus silkworm | |
Gedomestikeerd
| |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Bombycidae
|
Genus: | Bombyx
|
Spesie: | B. mori
|
Binomiale naam | |
Bombyx mori Linnaeus, 1758
|
Die sywurm (Bombyx mori, wat in Latyn beteken: "sywurm van die moerbeiboom") is die larwe van 'n mot. Die insekte word só genoem omdat hulle met hul speekselkliere 'n kokon van sy spin. Die spesie is van groot globale ekonomiese belang, siende dat die syproduksie geheel en al hiervan afhanklik is. Sywurms vreet net moerbeiblare. Oorspronklik het sywurms slegs in die noordelike gedeeltes van China en Persië (die huidige Iran) voorgekom.