Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. |
Taalkundige geslag, genus, of soms ook selfstandigenaamwoordklas, is 'n selfstandigenaamwoordklasstelsel wat in die gedrag van woorde wat daarmee geassosieer word weerspieël word. In tale met taalkundige geslag behoort elke selfstandige naamwoord aan een van die klasse van die taal en slegs baie klein aantal ter selfde tyd aan meer as een klas.[1][2]
As 'n taal byvoorbeeld tussen manlike en vroulike geslag onderskei, behoort elke selfstandige naamwoord aan een van die twee geslagte. Om 'n selfstandige naamwoord, of enige bepaler, of ander soort woord wat die selfstandige naamwoord affekteer, korrek te verbuig, moet 'n mens bepaal of die selfstandige naamwoord manlik of vroulik is. Die term "taalkundige geslag" word meestal vir Indo-Europese tale, waarvan baie die patroon wat beskryf is volg, gebruik. Afrikaans en moderne Engels het egter nie taalkundige geslag nie.[3]
Die taalkundige geslagkonsep word onderskei van die biologiese en maatskaplike konsepte van natuurlike geslag. Die konsepte werk egter in baie tale op mekaar in. Beide taalkundige en natuurlike geslag kan taalkundige effekte in 'n gegewe taal hê.
Hoewel sommige skrywers die term "selfstandigenaamwoordklas" as 'n sinoniem of 'n uitbreiding van "taalkundige geslag" sien, beskou ander dit as aparte konsepte.
The distinctions of grammatical gender in English were replaced by those of natural gender.